Background Photos by Chrissi van Dyk

REUNIONS

1974 REUNIE

Op 12 Maart 2014 het die 1974 matriekgroep WBPHS kom besoek aflê aan die skool. Sommige van die oud skoliere het in Walvisbaai aan wal gekom met die “Symphony” boot. Daar het groot opgewondenheid geheers tussen die sowat 30 oud skoliere. Sommige van die oud skoliere het mekaar vir die eerste keer na 40 jaar weer gesien. Die oud skoliere het heerlik saam met mev Eigelaar en onderwysers gekuier. Oud skoliere het na ou skoolfoto’s en jaarblaaie gekyk van hulle skooljare.

Mnr. Johan Brink, hooforganiseerder van die 1974 reunie, het ‘n toespraak gelewer en al die oud skoliere bedank wat meegemaak het aan hierdie besonderse reunie en bootreis.

Mnr Brink het gesê dat die gang wat verby die skoolhoof se kantoor loop, hom nogsteeds dieselfde koue rilling in sy ruggraat gee.

Die oud skoliere het die skool gekomplimenteer met al die verbeteringe wat reeds by die skool en sportgeriewe aangebring is.

Die oud skoliere het die OSA klubhuis besoek en saam daar ‘n drankie geniet. Mnr. Werner Bachmann, voorsitter van die Oud Skoliere Assosiasie het die oud skoliere meer vertel van die OSA Klubhuis asook die Oud Skoliere Assosiasie. Ondersteunerstruie is deur ‘n hele paar oud skoliere aangekoop.

WBPHS wil graag hiermee baie dankie sê aan elke 1974 oud skolier wat die moeite gedoen het om ons wonderlike skool weer te kom besoek. Dit was vir ons ‘n voorreg om elkeen van julle weer te sien.

2005 Reunie